Tuis

Lizandra Winter se debuut album is uiteindellik vrygestel!!

Sedert November 2016 het sy saam met Joshua na die Reën en Little Big Studios se Jason Ferreira begin werk aan die verwerkings van haar oorspronklike afrikaanse liedjies. Sy het haar tyd gevat om seker te maak dat die klank presies dít is waaroor sy gedroom het. Elke liedjie uniek en spreek van haar veelsydigheid as musikant.
Lizandra skryf oor temas waarby elkeen kan aanklank vind.
Haar liedjies “Sielsvryheid” en “Tranedans” het menigde vrouens al in trane gehad.
Sy durf om aan ongemaklike konsepte te raak soos depressie, vrees, onsekerheid ens, maar ook oor die pad na selfaanvaarding.

Al haar liedere word op so ‘n eerlike, warm manier oorgedra dat dit gehore verseker geboei en hunkerend laat na meer – dit is ongetwyfeld.