Meer oor Lizandra

Lizandra Winter is ’n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer van Pretoria.1c0ba0_cba6a26a5cf743498f8cbde2aac135a5

Sy het bekendheid verwerf as “die meisie wat saam met Joshua na die Reën sing” sedert sy album vrystelling in 2013, waarop sy ook n duet saam met hom geskryf en opgeneem het genaamd “Soos altyd”.

 

Lizandra en Jacques (Joshua na die Reën) het mekaar ontmoet gedurende hul studies by TUT (Tshwane Universiteit van Tegnologie) in Jazz en die uitvoerende kunste.  Die twee het onmiddellik ñ diep konneksie gehad en drie dae na hul eerste ontmoeting reeds saam gesing by n naweek kamp! Hulle stemme was n besonderse kombinasie, en so het ontstaan die begin van groot dinge.

 

Gedurende haar drie jaar as deel van die Joshua na die Reën band het sy die land plat getoer en haar veelsydigheid ten toon gestel met Jazz “stardards” soos “Is you is my baby” en ñ Diana Krall Blues nommertjie genaamd “Love me like a man”, wat gehore landswyd bekoor het.  Haar verwerkings van ou klassieke gunstelinge word ook op so ‘n eerlike, warm manier oorgedra dat dit gehore geboei en hunkerend laat na meer.

 

Sedert 2014 het oorspronklike Afrikaanse liedjies uit haar pen begin vloei, en onder Joshua na die Reën se aanbeveling het sy begin werk aan n solo projek.  Dit is egter eers in laat 2015 wat sy haar eerste solo vertonings begin doen het en het haar verhoog naam offisieel na Lizandra Winter verander.

Sy het in eie kapasiteit die verhoog gedeel met onder andere Chris Chameleon, Koos van der Merwe, Elvis Blue, Bittereinder en Bobby van Jaarsveld.

 

Hetsy saam met ‘n vol orkes, akoesties, of as ‘n duo saam met haar man Ryhno von Hagen op Kitaar, is elke vertoning n reis van self ontdekking en eerlikheid!26620_336821689750544_1040622921_n

Lizandra skryf oor temas waarby elkeen kan aanklank vind. Sy durf om aan ongemaklike konsepte te raak soos depressie, vrees en onsekerheid en ook die pad na selfaanvaarding.

 

Haar eerste oorspronkike enkelsnit “Fluister”, kan gehoor word in die afrikaanse film “Vir Altyd” Die musiek video vir “Fluister” kan gesien word op YouTube asook Kyknet Nou!

Lizandra tree gereeld op by privaat, sowel as korporatiewe funksies, restaurante, feeste, markte en teaters regoor Suid Afrika in n verskeidenheid van genres.  Sy verklap ook haar swakheid en liefde vir swaarder musiek genre’s soos Hard Rock en Alternatief en vind die wisseling tussen multi-dimensiele genres gemaklik, sonder om haar integriteit as kunstenaar prys te gee.

 

Volg haar loopbaan op sosiale media – (Facebook blad: Lizandra Winter, Twitter @Lizandra_Winter)